Verdwaalde Harte
Klik vir Volskerm-aansig
Liefde & RomanseAfrikaansRPFormaat: A5

Verdwaalde Harte

Beskikbare Voorblaaie20
Geregistreerde Uitgawes20

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Die reeks was getitel as “Ons Dominee”-reeks. Dit kom uit ’n era waar die kerk en predikant ’n groot rol in die samelewing gespeel het. Die leraar was iemand na wie jy kon opkyk vir hulp, ’n skouer om op te huil en sommer die man wat al jou familie se sielkundige en ander probleme ook kon oplos. Die verhale was sonder vuil taal en seks, en het by ’n groot getal lesers inslag gevind. Dit het inderwaarheid een die suksesvolste fotoverhale uit die stal van Republikeinse Pers geword. Natuurlik is vandag se predikante ook mense waar om hulp aangeklop kan word. Dit is egter ’n feit dat Afrikaners nie meer so kerkvas is as wat hulle in jare 60 of 70 was nie. Maar die eietydse verhale het waarskynlik op die regte tyd in Suid-Afrika verskyn. Mense kon hulle maklik vereenselwig met dominee Dawid Wiehahn en sy probleem gevalle. Hy moes mense help wat skielik blind geword het en andere wat in rolstoele beland het. Hy moes huweliksprobleme soos ontrouheid hanteer en raad gee met opstandige kinders. Klink dit bekend? Ja, vandag nog het ons steeds hierdie probleme. Maar hy was ook ’n man van aksie en kon homself ook verdedig as dit nodig was. (Sien: “Monster op haar spoor”, nr 197). Partymaal het hy met gewapende mans ook te doen gekry en moes hy hom ook self kon verdedig. (Sien: “My vriend, my vyand”, nr 188). Dit is jammer dat ons nie weet wie die skrywer was nie. Miskien kan ’n leser ook hier help en ons help om van die rolspelers te identifiseer. Dit is waarskynlik nou tyd dat die skrywers en akteurs erkenning kry, vir hulle deel aan hierdie stukke ryke geskiedenis van Suid-Afrika, (deur Koos Papenfus).

Voorblaaie & Uitgawes van Verdwaalde Harte

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

20 Uitgawes
Snippie se wraak
#169
Snippie se wraak
Tik jy my, dan pik ek jou
#174
Tik jy my, dan pik ek jou
Ter wille van die liefde
#175
Ter wille van die liefde
Verstrik in die vreemde
#176
Verstrik in die vreemde
Liewer laat as nooit
#178
Liewer laat as nooit
Kneg van sy geld
#179
Kneg van sy geld
'n Strik vir die liefde
#180
'n Strik vir die liefde
Toe kom die inkeer
#182
Toe kom die inkeer
Glo my
#183
Glo my
Geveg agter die skerms
#184
Geveg agter die skerms
'n Strik vir skoonpa
#187
'n Strik vir skoonpa
My vriend, my vyand
#188
My vriend, my vyand
Misbruikte liefde
#192
Misbruikte liefde
Meisies langs die pad
#193
Meisies langs die pad
Wie sal die moeder wees
#195
Wie sal die moeder wees
Monster op haar spoor
#197
Monster op haar spoor
Wees weer my man
#198
Wees weer my man
Uur van versoening
#205
Uur van versoening
So naby geluk
#210
So naby geluk
Die lamp van die liggaam
#212
Die lamp van die liggaam