Oorspronklike voorblad van die Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Verdwaalde Harte (Liefde & Romanse, Afrikaans fotoverhaal) - Uitgegee deur RP
Klik vir Volskerm-aansig
Liefde & RomanseAfrikaansRPFormaat: A5

Verdwaalde Harte

Beskikbare Voorblaaie20
Geregistreerde Uitgawes20

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Die reeks was getitel as “Ons Dominee”-reeks. Dit kom uit ’n era waar die kerk en predikant ’n groot rol in die samelewing gespeel het. Die leraar was iemand na wie jy kon opkyk vir hulp, ’n skouer om op te huil en sommer die man wat al jou familie se sielkundige en ander probleme ook kon oplos. Die verhale was sonder vuil taal en seks, en het by ’n groot getal lesers inslag gevind. Dit het inderwaarheid een die suksesvolste fotoverhale uit die stal van Republikeinse Pers geword. Natuurlik is vandag se predikante ook mense waar om hulp aangeklop kan word. Dit is egter ’n feit dat Afrikaners nie meer so kerkvas is as wat hulle in jare 60 of 70 was nie. Maar die eietydse verhale het waarskynlik op die regte tyd in Suid-Afrika verskyn. Mense kon hulle maklik vereenselwig met dominee Dawid Wiehahn en sy probleem gevalle. Hy moes mense help wat skielik blind geword het en andere wat in rolstoele beland het. Hy moes huweliksprobleme soos ontrouheid hanteer en raad gee met opstandige kinders. Klink dit bekend? Ja, vandag nog het ons steeds hierdie probleme. Maar hy was ook ’n man van aksie en kon homself ook verdedig as dit nodig was. (Sien: “Monster op haar spoor”, nr 197). Partymaal het hy met gewapende mans ook te doen gekry en moes hy hom ook self kon verdedig. (Sien: “My vriend, my vyand”, nr 188). Dit is jammer dat ons nie weet wie die skrywer was nie. Miskien kan ’n leser ook hier help en ons help om van die rolspelers te identifiseer. Dit is waarskynlik nou tyd dat die skrywers en akteurs erkenning kry, vir hulle deel aan hierdie stukke ryke geskiedenis van Suid-Afrika, (deur Koos Papenfus).

Liefdes- en romanse-fotoverhale het lesers bekoor met hartstogtelike intriges, familiegeheime en die mode van die era. Hierdie kyk-en-lees tydskrifte was bekostigbaar by plaaslike kafees en stasiewinkels beskikbaar en het 'n belangrike rol in populêre ontvlugtingslektuur gespeel.

Hierdie rekord van "Verdwaalde Harte" (Afrikaans, uitgegee deur RP) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 20 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.

Voorblaaie & Uitgawes van Verdwaalde Harte

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

20 Uitgawes
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #169: "Snippie se wraak" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#169
Snippie se wraak
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #174: "Tik jy my, dan pik ek jou" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#174
Tik jy my, dan pik ek jou
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #175: "Ter wille van die liefde" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#175
Ter wille van die liefde
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #176: "Verstrik in die vreemde" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#176
Verstrik in die vreemde
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #178: "Liewer laat as nooit" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#178
Liewer laat as nooit
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #179: "Kneg van sy geld" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#179
Kneg van sy geld
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #180: "'n Strik vir die liefde" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#180
'n Strik vir die liefde
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #182: "Toe kom die inkeer" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#182
Toe kom die inkeer
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #183: "Glo my" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#183
Glo my
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #184: "Geveg agter die skerms" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#184
Geveg agter die skerms
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #187: "'n Strik vir skoonpa" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#187
'n Strik vir skoonpa
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #188: "My vriend, my vyand" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#188
My vriend, my vyand
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #192: "Misbruikte liefde" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#192
Misbruikte liefde
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #193: "Meisies langs die pad" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#193
Meisies langs die pad
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #195: "Wie sal die moeder wees" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#195
Wie sal die moeder wees
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #197: "Monster op haar spoor" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#197
Monster op haar spoor
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #198: "Wees weer my man" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#198
Wees weer my man
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #205: "Uur van versoening" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#205
Uur van versoening
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #210: "So naby geluk" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#210
So naby geluk
Vintage voorblad van Verdwaalde Harte Uitgawe #212: "Die lamp van die liggaam" (Afrikaans fotoverhaal, Liefde & Romanse) - RP
#212
Die lamp van die liggaam

Verwante Reekse (Liefde & Romanse)

Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.

Bekyk al 111 reekse →
ONTDEK MEER

📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive

Besoek Argief➔