
Eerste Liefde
Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge
Soos dit nou maar ook was en nog steeds is, is daar onder Afrikaans sprekendes altyd ’n plek vir aksie en ’n plek vir romanse. Dit was miskien waarom eerste liefde so ’n sukses was. Die eg menslike verhale het sekere herinnering opgeroep wat jyself al ondervind het, of jy het iemand geken wat ’n tipiese storieboek liefde beleef het. En onder ons mense was daar maar altyd die dromers en die wat gehoop het dat die eerste liefde die wonderlikste en standhoudendste was. Net soos ’n sprokiesverhaal wat altyd ’n gelukkige einde het. Eerste Liefde se sukses was daaraan toegeskryf dat hulle altyd mooi mense gebruik het. Die storie lyn was altyd opwindend en boeiend. Daar is verhale van haat en jaloesie, jong mense wat op ’n eiland gestrand raak en van mekaar afhanklik begin raak en dan natuurlik, die liefde wat dan begin blom het. Die sukses was ook grootliks te danke daaraan dat kru taal selde indien ooit gebruik was. Van eksplisiete seks was daar nie sprake nie. Die slim sinspelings het die verhale egter opwindend genoeg gemaak. Ander verhale was eg menslik, ’n meisie wat haar gesig verloor, maar die liefde wen aan die einde. Daar is gebroke huwelike waar nuwe geluk weer gevind word. Daar is ’n jong bokser wat beseer word en ’n nuwe lewe moes begin. Wat van ’n boer soek ’n vrou? Dit het in daardie tyd ook gewerk. Daar was jong mense wat hul lewens met motorfiets ongelukke verloor het en die ander helftes weer die stukkies van hulle lewens moes optel. Dwelms was ook in daardie al ’n probleem. In boekie nommer 104 sorg smokkelaars vir genoeg aksie.
Geen erkenning word aan enige skrywers gegee nie. In sommige gevalle word ’n aktrise hier en daar geïdentifiseer, bv. Lilli Randi in boekie nommer 103. Opvallend is dat baie Italiaanse name voorkom onder die wat geïdentifiseer word. Akteur At Botha in sy jong dae word in nommer 101 gesien. Fotografie en die verhaal lyne was deurgaans goed en van ’n goeie gehalte, (deur Koos Papenfus).
Liefdes- en romanse-fotoverhale het lesers bekoor met hartstogtelike intriges, familiegeheime en die mode van die era. Hierdie kyk-en-lees tydskrifte was bekostigbaar by plaaslike kafees en stasiewinkels beskikbaar en het 'n belangrike rol in populêre ontvlugtingslektuur gespeel.
Hierdie rekord van "Eerste Liefde" (Afrikaans, uitgegee deur RP) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 20 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.
Voorblaaie & Uitgawes van Eerste Liefde
Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.




















Verwante Reekse (Liefde & Romanse)
Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.
📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive




