FV
Suid-Afrikaanse Kultuurskatte & Africana Argief

Die Suid-Afrikaanse
Fotoverhaal Argief

’n Digitale bewaarplek vir die kyk-en-lees pulp-fenomeen van die 1960’s tot 1980’s. Met regte akteurs, fotograwe, dramatiese intriges en outentieke Suid-Afrikaanse agtergronde.

Reekse
322
Gekatalogiseer
Voorblaaie
437
Hoë-resolusie beelde
Tydperk
1960–1985
Die Goue Eeu
Bewaring
30+ Jaar
deur softcoverbooks
Kategorie:
Indeks:
Wys momenteel 116 van 116 reekse
Ruiter in Swart
55 Voorblaaie
Afrikaans
Westerns

Ruiter in Swart

Kort op die Marc Condor reeks se hakke het die “Ruiter in Swart” reeks gevolg. Suid-Afrika het soos die res van die wêreld ook baie gehou van hulle “cowboy” verhale. Interessant is dat heelwat storieverhaal reekse, wat handel oor die “cowboy era” reeds in die vyftiger en sestiger jare verskyn het en toe al baie goed verkoop het. So het die Ruiter in Swart sy verskyning gemaak en een van die langs lopende en suksesvolste reekse geword. Teen die einde van die era het die boekies in A4 formaat in volkleur verskyn. Dit is ’n uiters skaars en gesogte versamelaars item vandag. Die reeks is waarskynlik vaagweg geskoei op die Gemaskerde Ruiter wat as onbekende geregsdienaar wet en orde in die woeste weste van Amerika moes handhaaf. In hierdie geval egter was dit die Transvaalse goudvelde en die woeste Laeveld. Die man in swart was net as Ben bekend. Ek verstaan dat hy in sommige boekies as Ben Brandt geïdentifiseer was. Hy was ’n ZARP man. Met ander woorde, ’n lid van die ou Transvaalse of Zuid-Afrikaanse polisiemag. Hy was ook ’n persoonlike vriend van ou President Kruger. Die ruiter was in swart geklee van kop tot tone en het twee rewolwers aan weerskante van sy sye gedra. Die kolwe was na vore gerig vir die sogenaamde “crossdraw.” Dit was as ’n kenmerk van ’n snelskut beskou. Hy was ook knap met die vuiste en daar was minstens een vuisgeveg in elke boekie. In die gebruiklike finale skietgeveg het hy gewoonlik sy teenstanders uitgeroei. Ben het ook ’n swart perd gehad met naam Satan. Hy is soms in die kleur voorblaaie ook op ’n bruin perd gesien. Om die waarheid te sê, op die meeste kleurblaaie het hy op ’n bruin perd gery. Kom ons noem dit maar ’n donker perd. ’n Perde kenner sal seker beter weet. In uitgawe 382 verskyn daar ’n swart wolfhond saam met hom op die toneel. Ek het nie ’n boekie met ’n naam van die hond nie. Miskien kan ’n ander versamelaar dalk hier help. Die rol is tot aan die einde vertolk deur Danie van Rensburg - wat die akteur naam van Vonk de Ridder gehad het. Hy het as Vonk de Ridder ook in ’n paar Afrikaanse “cowboy” flieks opgetree. Die fliek, “Voor sononder” saam met Dawid van der Walt is een van die wat ek goed kan onthou. Dieselfde fliek het ook as strokiesprent in die tydskrif “Brandwag” verskyn. Ben is die snelskut wat knap is met sy rewolwers maar het ook in die proses sy kwota wonde opgedoen. Sy teenstanders was geharde en wrede rampokkers van sy tyd. Daar was plaas rowers, veediewe, struikrowers, moordenaars en swendelaars van alle soorte. Kyk gerus ook na die Ruiter in Swart by Potpouri om meer van die verhale te wete te kom. Tans is Ruiter in Swart die enigste wat ’n webwerf onderhou. Ten tye van die skrywe was dit nog onder konstruksie. Google dit gerus as jy meer inligting wil bekom. Ek verstaan van ’n versamelaar dat daar tans ook DVD’s beskikbaar is, wat van die oorspronklike gerestoureerde fotoverhale bevat. Kyk gerus ook na die uitbreiding van hulle webwerf, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Grensvegter
31 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Grensvegter

In dae van die bosoorlog was dit ook een van die groot sukses resepte van die tyd. Mense kon hulle met grensvegters vereenselwig. Feitlik elke familie het toe 'n kind gehad wat iewers op die grens was of in die "army" diens gedoen het. Dit was die jare van "Kaptein Caprivi" en "Boetie gaan border toe", wat die ou inry teaters vol gepak het. Almal het geweet wie die terroriste was, wie die Russe en Kubane was, en dat hulle almal vyande van ons land Suid-Afrika was. Ironies genoeg het tye gedraai en soos almal vandag weet, het die sogenaamde terroriste vryheidsvegters geword en die bos oorlog 'n vergete tyd in ons land se geskiedenis geword. Rocco De Wet was die een man oorlogsmasjien wat die vyand gaan aanvat het en terselfdertyd sommer ook uitgeroei het. Uiteraard was daar gewoonlik 'n stukkie romanse ook in. Gaan kyk na die Grensvegter potpouri vir meer inligting omtrent die gegewe verhale. Volg hom ook in die helde album afdeling. Dan Pienaar het by Rocco de Wet oorgeneem en die reeks sodoende voortgesit. ’n Nuwe naam was waarskynlik ’n meer suksesvoller idée as om ’n nuwe akteur met ou naam te gebruik. (Soos in Kid die Swerwer ook die geval.), (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Die Swart Luiperd
29 Voorblaaie
Afrikaans
Westerns

Die Swart Luiperd

Onder versamelaars is die Swart Luiperd slapband storieverhaal boekies (Pronk en Sirkel uitgawes), seker van die gewildste versamel items van ons tyd. Wyle Braam Le Roux en Meiring Fouche het verhale geskep wat die avontuur instink in elke jong leser wakker gemaak het. Dit is dan geen wonder dat hierdie uiters gewilde karakter dan ook sy pad na die fotoverhaal mark gevind het nie. Die reeks het egter in sterk kompetisie met die “Ruiter in Swart” verskyn. Omdat die sogenaamde Suid-Afrikaanse “cowboy” verhaal so gewild was in daardie tyd, was die Swart Luiperd weer in die avontuur wêreld van die ou Transvaalse goudvelde geplaas. Die hoofkarakter was dus nie die bekende Leon Fouche nie, maar Baron Rolf du Plessis. Hy was in die geheim die gevreesde Swart Luiperd. Met staal vuiste en vlammende rewolwers het hy reg en geregtigheid in die woeste Laeveld laat geskied. Net soos die Ruiter in Swart, was hy meeste van die tyd ook in swart geklee, maar hy het ’n baie oortuigende masker van ’n “regte” swart luiperd gedra. Die vlammende oë en die oopbek met reuse slagtande moes ’n groot indruk op skurke van sy tyd gemaak het. Die groot stryd was egter vir hom om sy identiteit voortdurend geheim te hou. Sy teenstanders was dan ook skurke van die tydvak. Braam Le Roux se Swart Luiperd (storieverhale) het matige wetenskapsfiksie in gehad. Die fotoverhale was weer beperk tot veediewe, plaas rowers, struik rowers,en smokkelaars van alle soorte. Gaan lees gerus meer oor die Swart Luiperd by Potpouri vir meer inligting. Die skrywer van die fotoverhale, asook die naam van die rol spelers is nie aan my bekend nie. Miskien kan van die lesers hand bysit en ons laat weet, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Tessa and Kid Colt
27 Voorblaaie
Engels
Westerns

Tessa and Kid Colt

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Tessa and Kid Colt.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Die Wit Tier
26 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Die Wit Tier

As daar nou ooit ’n Swart Luiperd liefhebber was wat iets in die lyn van fotoverhale gesoek het en wat hom tevrede moes stel, was dit sekerlik die Wit Tier. Die Wit Tier het gelewe in ’n land met die naam Takaranië (Tanzanië?). Dit was klaarblyklik iewers op die vasteland van Afrika, maar was binne bereik van Suid-Afrikaners. Die Wit Tier was ’n oortuigend, sterk geboude jongman, wat soos ’n Tarzan van ouds in die oerwoud geleef het. Weereens weet ons nie wie die skrywer was of wie die titel rol vertolk het nie . Die verhale was vol avontuur en het lekker leesstof uitgemaak. Naas “Ruiter in Swart” en “Mark Condor”, was dit seker een van my persoonlike gunstelinge. Hy het talle oorspronklike avonture in oerwoud beleef. Daar was die geval van ’n vroulike breindokter wat sy verstand oorneem het asook vele gevegte met diere en krokodille. Daar was selfs ’n oervallei met ’n verlore stam en prehistoriese diere. Sy wapens was sy hande en sy mes, maar hy het ook van ’n geweer of pistool gebruik gemaak wanneer dit nodig was. Daar was ivoorsmokkelaars en wild stropers, selfs ook ruimtewesens wat die land besoek het. So was daar ook Arabiese slawe handelaars wat hom in die sand begrawe het, sodat die miere hom kon opvreet. Hy was ook deur ’n verlore vroue stam gevange geneem. Natuurlik was daar ook altyd ’n mooi meisie in die omtrek om hom in sy tyd van nood te red. Op ’n manier herinner die verhale my baie aan die avonture van die Skim, wat deur Lee Falk geskep was. Beide beleef hulle avonture in ’n denkbeeldige land wat tussen die oertyd en die beskawing is. In die Skim was die denkbeeldige land natuurlik Bengalië. Dit was dan natuurlik vir die skrywer moontlik om sy verbeelding meer vrye teuels te kon gee, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Kid die Swerwer
26 Voorblaaie
Afrikaans
Westerns

Kid die Swerwer

Dit was beslis een van die gewilde keuses wanneer dit by "cowboy" boekies gekom het. Die reeks speel af in die Amerikaanse weste, net na die Amerikaanse burger oorlog. Kid het blykbaar vir die Amerikaanse regering gewerk en hy was daar 'n soort geregsdienaar gewees. Hy was egter sover ek weet, nooit as "sheriff" of "marshall" of as iets soortgelyks geïdentifiseer nie. Hy was 'n snelskut van formaat en was ook baie handig met sy vuiste. Kid was gewoonlik op die spoor van misdadigers van daardie era. Elke boekie bevat die gebruiklike vuisgeveg en die gebruiklike finale skietgeveg, waarin die boewe dan uitgeroei word. Sy akkurate skietwerk het gesorg dat min van sy teenstanders dit oorleef het. Die rol van Kid is deur minstens twee akteurs vertolk - geen erkenning word aan die akteurs gegee nie, so ook nie aan die skrywer nie. Van die twee bekende vertolkings was die eerste Kid waarskynlik die meer oortuigende karakter. Vanaf ongeveer nommer 153 het ons die tweede Kid in aksie begin sien. Kid sorg ook vir 'n bietjie aksie in die helde album, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Eerste Liefde
20 Voorblaaie
Afrikaans
Liefde & Romanse

Eerste Liefde

Soos dit nou maar ook was en nog steeds is, is daar onder Afrikaans sprekendes altyd ’n plek vir aksie en ’n plek vir romanse. Dit was miskien waarom eerste liefde so ’n sukses was. Die eg menslike verhale het sekere herinnering opgeroep wat jyself al ondervind het, of jy het iemand geken wat ’n tipiese storieboek liefde beleef het. En onder ons mense was daar maar altyd die dromers en die wat gehoop het dat die eerste liefde die wonderlikste en standhoudendste was. Net soos ’n sprokiesverhaal wat altyd ’n gelukkige einde het. Eerste Liefde se sukses was daaraan toegeskryf dat hulle altyd mooi mense gebruik het. Die storie lyn was altyd opwindend en boeiend. Daar is verhale van haat en jaloesie, jong mense wat op ’n eiland gestrand raak en van mekaar afhanklik begin raak en dan natuurlik, die liefde wat dan begin blom het. Die sukses was ook grootliks te danke daaraan dat kru taal selde indien ooit gebruik was. Van eksplisiete seks was daar nie sprake nie. Die slim sinspelings het die verhale egter opwindend genoeg gemaak. Ander verhale was eg menslik, ’n meisie wat haar gesig verloor, maar die liefde wen aan die einde. Daar is gebroke huwelike waar nuwe geluk weer gevind word. Daar is ’n jong bokser wat beseer word en ’n nuwe lewe moes begin. Wat van ’n boer soek ’n vrou? Dit het in daardie tyd ook gewerk. Daar was jong mense wat hul lewens met motorfiets ongelukke verloor het en die ander helftes weer die stukkies van hulle lewens moes optel. Dwelms was ook in daardie al ’n probleem. In boekie nommer 104 sorg smokkelaars vir genoeg aksie. Geen erkenning word aan enige skrywers gegee nie. In sommige gevalle word ’n aktrise hier en daar geïdentifiseer, bv. Lilli Randi in boekie nommer 103. Opvallend is dat baie Italiaanse name voorkom onder die wat geïdentifiseer word. Akteur At Botha in sy jong dae word in nommer 101 gesien. Fotografie en die verhaal lyne was deurgaans goed en van ’n goeie gehalte, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Verdwaalde Harte
20 Voorblaaie
Afrikaans
Liefde & Romanse

Verdwaalde Harte

Die reeks was getitel as “Ons Dominee”-reeks. Dit kom uit ’n era waar die kerk en predikant ’n groot rol in die samelewing gespeel het. Die leraar was iemand na wie jy kon opkyk vir hulp, ’n skouer om op te huil en sommer die man wat al jou familie se sielkundige en ander probleme ook kon oplos. Die verhale was sonder vuil taal en seks, en het by ’n groot getal lesers inslag gevind. Dit het inderwaarheid een die suksesvolste fotoverhale uit die stal van Republikeinse Pers geword. Natuurlik is vandag se predikante ook mense waar om hulp aangeklop kan word. Dit is egter ’n feit dat Afrikaners nie meer so kerkvas is as wat hulle in jare 60 of 70 was nie. Maar die eietydse verhale het waarskynlik op die regte tyd in Suid-Afrika verskyn. Mense kon hulle maklik vereenselwig met dominee Dawid Wiehahn en sy probleem gevalle. Hy moes mense help wat skielik blind geword het en andere wat in rolstoele beland het. Hy moes huweliksprobleme soos ontrouheid hanteer en raad gee met opstandige kinders. Klink dit bekend? Ja, vandag nog het ons steeds hierdie probleme. Maar hy was ook ’n man van aksie en kon homself ook verdedig as dit nodig was. (Sien: “Monster op haar spoor”, nr 197). Partymaal het hy met gewapende mans ook te doen gekry en moes hy hom ook self kon verdedig. (Sien: “My vriend, my vyand”, nr 188). Dit is jammer dat ons nie weet wie die skrywer was nie. Miskien kan ’n leser ook hier help en ons help om van die rolspelers te identifiseer. Dit is waarskynlik nou tyd dat die skrywers en akteurs erkenning kry, vir hulle deel aan hierdie stukke ryke geskiedenis van Suid-Afrika, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Grensvegter Rocco de Wet
7 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Grensvegter Rocco de Wet

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Grensvegter Rocco de Wet.

RPBekyk Reeks →
Dr Conrad Brand
6 Voorblaaie
Afrikaans
Medies & Hospitaal

Dr Conrad Brand

Dit was waarskynlik die gewildste van die dokter of mediese romans genre. Conrad Brand was aantreklik en bekend as die dokter met die goue hart, wat altyd bereid was om te help met mediese en ander probleme. Almal, veral die dames, was lief vir hom omdat hy sy medemens lief gehad het. Dit was eintlik ’n baie gewilde, oor dramatisering van die normale dokters en hospitaal lewe. Tog kon mense hulle vereenselwig met al die eg menslike lotgevalle wat in die verhale uitgebeeld was, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Liefdeslied
6 Voorblaaie
Afrikaans
Liefde & Romanse

Liefdeslied

67. Liefdeslied - Geen titel 94. Liefdeslied - Liefde wreek die bitterheid

RPBekyk Reeks →
Tessa en Kid Colt
6 Voorblaaie
Afrikaans
Westerns

Tessa en Kid Colt

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Tessa en Kid Colt.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Apache and Mark Condor
5 Voorblaaie
Engels
Westerns

Apache and Mark Condor

APACHE - Die verhale speel af in die Amerikaanse wilde weste. Cha is die naam van “Apache,” die laaste vegter van sy stam. Hy was die man wat geveg het vir die regte en grond van sy mense. Die verhale is tipes van die Amerikaanse geskiedenis. Wit mense wat die Apache se grond beset en hulle dan na reservate verban en die gevolge daarvan. Klink dit dalk bekend? Sy gevegte was teen dranksmokkelaars, rowers en moordenaars van sy tyd. Sy wapens was ’n ordentlike jagmes, ’n geweer en ook ’n pyl en boog, wat hy gewoonlik op ’n dramatiese wyse gebruik het om van sy vyande ontslae te raak. Tipies van elke verhaal was dat daar ’n mooi vrou was wat altyd op een of ander manier in die moeilikheid beland het. Daar was ook in elke episode ’n mes geveg en vuiste wat klap. Die skrywer van die reeks en die hoof karakter se naam is nie bekend nie. Fotografie was goed vir daardie tyd en redelike aandag was gegee om die klere en agtergrond, om dit sodoende oorspronklik te probeer hou. Sy verhale is later met “Mark Condor” gedeel as ’n dubbelboek in A4 grootte. MARK CONDOR - Van al die fotoverhale het “Mark Condor” gegroei tot die grootste en een van die gewildste van al die reeks fotoverhale. Martin Pols het ’n bekende akteur geword en was gou aan almal bekend. Na sy fotoverhaal dae, kon hy steeds op sy reputasie voortbou en het homself as bekende sakeman in die finansierings besigheid in die Centurion omgewing gevestig. Tot vandag toe weet almal dat Martin Pols en Mark Condor sinoniem was. Geen een van die boekies wat ek besit gee enige erkenning aan die skrywers nie. Miskien kan ’n leser of ’n skrywer ons op die regte spoor bring. Wie was Mark Condor? As jy van Obed de Swardt se wedervaringe as die Swerwer Speurder gelees het (storieverhaal reeks), het jy daar ’n soortgelyke weergawe en karakter gevind. Mark Condor was ’n aantreklike ryk jongman wat alles gehad het. Hy was ’n miljoenêr met sakebelange dwars oor die wêreld. Wat moes hy doen om homself besig te hou? Hy het speurwerk gedoen en avonture dwars oor die wêreld beleef. Sy teenstanders was moordenaars, rowers en allerhande soort smokkelaars, ja in daardie tyd selfs dwelmhandelaars ook. Hy was ’n huursoldaat wat met Zapata kon kragte meet en het selfs op kere met ruimtewesens deurmekaar geraak. Teen die einde van reeks het ons kennis gemaak met die “seun” van Mark Condor, wat hom sou opvolg. Maar dit was egter Martin Pols se gesig wat onhou word. Van ’n enkel boekie het die reeks naderhand ’n dubbelboek geword wat met Apache en Thor gedeel was. Ek vermoed die reeks het tussen 500 en 600 uitgawes beloop, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Foto Fokus
5 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Foto Fokus

57. Foto Fokus - Hunkering na geluk

RP/JRA BaileyBekyk Reeks →
Kid Colt
5 Voorblaaie
Engels
Westerns

Kid Colt

Is die Engelse weergawe van Kid die Swerwer. Dit wil voorkom asof die verhale uit Afrikaans na Engels vertaal was of anders om, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Kyk
5 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Kyk

Dit was ook een van die oudste fotoverhale wat verskyn het. Dit het verhale oor die alledaagse lewe uitgebeeld. Daar was nie ’n spesifieke hoofkarakter nie. Daar is grootliks van akteurs met Italiaanse name gebruik gemaak. Foto’s van die akteurs het gereeld in die binne blaaie van die boekies voorgekom. KYK was ook die eerste fotoverhaal wat in A4 grootte verskyn het. Die verhale het afgewissel tussen liefdesverhale, dramas en ook aksie belaaide verhale. Weens die groot verskeidenheid van verhale was die tydskrif baie gewild en het gou ’n groot leserstal opgebou. Die verskeidenheid het daartoe bygedra dat dit byval gevind het by beide mans en vroue. In my dae was dit meer bekend as “grootmens” leesstof en was die verhale hoofsaaklik op die volwasse mark gerig. Weens die uiteenlopendheid van die verhale kan ’n mens aanneem dat ’n wye verskeidenheid skrywers waarskynlik meegedoen het aan die skrywe van die verhale. Geen skrywers erkenning word in die boekies aangedui nie, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Louise
5 Voorblaaie
Afrikaans
Liefde & Romanse

Louise

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Louise.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Mark Condor
5 Voorblaaie
Engels
Speurder & Spioen

Mark Condor

101. Mark Condor - Veg, verraaier

RPBekyk Reeks →
Melody
5 Voorblaaie
Engels
Liefde & Romanse

Melody

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Melody.

RPBekyk Reeks →
Tessa
5 Voorblaaie
Engels
Liefde & Romanse

Tessa

Dit moes natuurlik ook kom. Selfs in ’n konserwatiewe Suid-Afrika was ’n vroulike heldin ook nodig. Wat beter as ’n pragtig geboude blondine, met lang bene wat gereeld in ’n bikini rondloop? Deur die jare het verskeie Tessa’s deel van die reeks geword. Elkeen was op haar eie manier ’n baie aantreklik en beeldskone dame, wat ’n vars bries in die fotoverhaalmark ingebring het. As die manne nie van die storie gehou het nie, was daar wel genoeg van Tessa te sien om die boekie wel te koop en te lees. Soos met alle fotoverhale, het die skrywers enige kragwoorde en eksplisiete seks totaal vermy. Tog was daar genoeg van elke Tessa te sien. Daar was genoeg delikaat geredigeerde badkamer en swembad verskynings om die reeks heeltyd lewendig te hou. Dit was ’n wenresep met ’n goeie storie storielyn, gekombineer wat genoeg aksie in elke uitgawe. Die resep het die reeks een van die groot suksesse van fotoverhale gemaak. Daar word nêrens erkenning aan ’n skrywer gegee nie, en mens weet dus nie van wie die sukses resep afkomstig was nie, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Buks
3 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Buks

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Buks.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Code Name Deep
3 Voorblaaie
Engels
Speurder & Spioen

Code Name Deep

17. Code name deep - No title

ImpalaBekyk Reeks →
Die Mes
3 Voorblaaie
Afrikaans
Speurder & Spioen

Die Mes

122. Die Mes - 'n Mooi meisie en 'n miljoen dollar

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
My Dagboek
3 Voorblaaie
Afrikaans
Liefde & Romanse

My Dagboek

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks My Dagboek.

RPBekyk Reeks →
Saal 10 Ongevalle
3 Voorblaaie
Afrikaans
Medies & Hospitaal

Saal 10 Ongevalle

Hier was dit menslike verhale wat agter elke ongeval afgespeel het. Dit was nog een waarmee die Suid-Afrikaanse publiek hulle mee kon vereenselwig. Ons was almal al in die hospitaal en byna elke familie het al ’n ongeval of noodgeval gehad. Dit was verhale wat uit die lewe gekom het en die romantiese lesers diep geroer het. Daar waar ’n aantreklike dokter en ’n paar pragtige verpleegsters die hoofrol vertolk, kon die skrywers maar net nie verkeerd gegaan het nie. Saal 10 het later ’n dubbelboek met “Verdwaalde harte” gedeel, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Savage
3 Voorblaaie
Engels
Speurder & Spioen

Savage

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Savage.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Skoolhoof
3 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Skoolhoof

20. Skoolhoof - Noodlottige soektog

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Skrikruiter
3 Voorblaaie
Afrikaans
Westerns

Skrikruiter

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Skrikruiter.

LPBekyk Reeks →
Tanya die Vegter
3 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Tanya die Vegter

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Tanya die Vegter.

RPBekyk Reeks →
Verdwaalde Harte en Saal 10
3 Voorblaaie
Afrikaans
Medies & Hospitaal

Verdwaalde Harte en Saal 10

VERDWAALDE HARTE - Was andersyds ook genoem die “Ons Dominee” reeks. Dit was eietydse verhale waar die leeraar van die plaaslike kerk bekend was as vriend, vader, raadgewer en vertroueling. Dominee Dawid Wiehahn het die hoofrol en ook deurlopende rol in al die verhale gespeel. Elke maand was ’n nuwe avontuur of greep uit sy lewe. Hy was ’n man wat ander se swakhede verstaan het, omdat hy ook maar sy eie swakhede gehad het. Die boekie is later gedeel met Verdwaalde harte, sien onder, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Young Love
3 Voorblaaie
Engels
Liefde & Romanse

Young Love

Romantiese reeks in Engels. Die resep was maar dieselfde as die van talle ander romantiese verhale. Het later 'n boekie gedeel met Love story, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter
2 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter

TANYA DIE VEGTER - Ook 'n gewilde reeks een met 'n vrou in die hoofrol. Dit moes seker kom. As jy van Zorro gehou het sal Tanya die vegter beslis in jou smaak geval het. Die tydvak was waarskynlik so tussen 'n ou Kaapse verhaal en 'n Afrikaanse wilde weste verhaal. Tanya was 'n skut van formaat, maar eintlik was sy meer 'n swaardvegter wat vir niemand terug gedeins het nie. Sy sou enige iemand in die nood met pistool of swaard bygestaan het. Sy het 'n vriend gehad wat 'n ondergeskikte rol vertolk het met die naam van "Sjang". Hy word uitgebeeld as 'n Sjinees haar gevegskunsies geleer het en uiteraard ook boewe en ander kriminele saam met haar beveg het. Soos Zorro, het sy ook 'n masker gedra en was gewoonlik baie kleurvol geklee. Geen erkenning word aan enige skrywers of akteurs gegee nie. Haar boekie het naderhand ook 'n dubbelboek geword wat sy met "Arend van die Oerwoud" gedeel het, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Beau die Ontembare
2 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Beau die Ontembare

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Beau die Ontembare.

RPBekyk Reeks →
Die Geheim
2 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Die Geheim

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Die Geheim.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Die Swart Adelaar
2 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Die Swart Adelaar

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Die Swart Adelaar.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Don le Meer
2 Voorblaaie
Afrikaans
Speurder & Spioen

Don le Meer

Uiteindelik het ons ’n eg Suid-Afrikaanse reeks gevind wat deur ’n baie bekende reus van Suid-Afrikaanse skrywers geskryf was, naamlik Elmar Steyn. In die tipies Steyn tradisie, was die verhale almal vol aksie en avontuur. Die verhale was eietyds in die dae van die sogenaamde rooi gevaar, met Don Le Meer as geheime agent wat al wat rooi en gevaarlik was moes beveg. Don was die “007” van Suid-Afrikaanse geheime agente en het ook altyd ’n mooi metgesel in die verhale gehad, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Double Feature
2 Voorblaaie
Engels
Aksie & Avontuur

Double Feature

Twee romantiese verhale het per uitgawe verskyn, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Dr Marshall Kirk
2 Voorblaaie
Engels
Medies & Hospitaal

Dr Marshall Kirk

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Dr Marshall Kirk.

LPBekyk Reeks →
Eerste Liefde en Dr Conrad Brand
2 Voorblaaie
Engels
Medies & Hospitaal

Eerste Liefde en Dr Conrad Brand

Seker naas “Verdwaalde harte” die gewildste romantiese reeks. Soos geadverteer word: “Net eenmaal in die lewe kom die liefde weergaloos en dit is die eerste liefde. Dit bring vreugde en ook hartseer.” Dit was die wenresep wat ’n onbekende skrywer of skryfster gehad het. Dit het groot aanklank by die dames gevind en was wyd gelees. Die verhale was lewensgetrou en lesers kon hulle vereenselwig met die gebeure. Dit het later 'n boek gedeel met Dr. Conrad Brand, sien onder.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Film fokus
2 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Film fokus

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Film fokus.

JRA BaileyBekyk Reeks →
Foto Liefde
2 Voorblaaie
Afrikaans
Liefde & Romanse

Foto Liefde

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Foto Liefde.

ImpalaBekyk Reeks →
Kommandant
2 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Kommandant

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Kommandant.

LPBekyk Reeks →
Lied van die Lewe
2 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Lied van die Lewe

6. Lied van die lewe - Sterker as die swaard 7. Lied van die lewe - Een letsel sal bly

RPBekyk Reeks →
Man with no Name
2 Voorblaaie
Engels
Aksie & Avontuur

Man with no Name

Waarom die volledige titel “Steyn Beyers - Man with no Name” heet, sal geen mens weet nie. ’n Man wat nie naam het nie, het mos nie ’n naam nie, of hoe? Die verhale sinspeel op die sukses van die bekende Dollar Westerns met Clint Eastwood in die hoofrol. Soos sy rolprent eweknie was Steyn Beyers ’n karakter wat in die grys gebied tussen reg en geregtigheid beweeg het. Hy het ’n vroulike medespeler met die naam Bella gehad wat baie lief was vir hom, maar hom terselfdertyd ook nie kon verdra nie. Klink dit dalk bekend? Anders as ander fotoverhale word hier wye erkenning gegee aan die skrywer en die akteurs. Steyn Beyers was gespeel deur Sven, (seker om die misterie van die reeks te versterk, was sy van nie genoem nie). Bella was vertolk deur Shirley Celliers. Die skrywer van die reeks was Reg Aupiais (’n totaal onbekende skrywer vir my) en die fotograaf was Tehri Haywood. Ek self het ’n redelike voorliefde vir “westerns,” maar het nog nie op die skrywer se naam afgekom nie, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Monsters
2 Voorblaaie
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Monsters

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Monsters.

OlympusBekyk Reeks →
Ruiter in Swart en Kid die Swerwer
2 Voorblaaie
Afrikaans
Westerns

Ruiter in Swart en Kid die Swerwer

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Ruiter in Swart en Kid die Swerwer.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Secrets plus Louise
2 Voorblaaie
Engels
Liefde & Romanse

Secrets plus Louise

SECRETS - ’n Verhaal reeks wat gehandel het oor daardie geheimpies in die ou lewe wat ons maar liewer geheim sou wou hou. Later 'n boekie gedeel met Louise, sien onder, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
See
2 Voorblaaie
Afrikaans
Liefde & Romanse

See

Die Engelse weergawe van KYK, wat spesifiek op die Engels sprekende mark geteiken was. Soos Kyk, ook meestal romantiese verhale wat met aksie en of avontuur afgewissel was. Die pragtige aktrise Anna Zoli verskyn in verskeie uitgawes in die hoofrol. Net soos Kyk, die enigste tydskrif wat heelwat aandag aan die akteurs gegee het, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
The Big Iron
2 Voorblaaie
Engels
Westerns

The Big Iron

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks The Big Iron.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Uit die Dagboek van 'n Psigiater
2 Voorblaaie
Afrikaans
Medies & Hospitaal

Uit die Dagboek van 'n Psigiater

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Uit die Dagboek van 'n Psigiater.

JRA BaileyBekyk Reeks →
Zelna Dia
2 Voorblaaie
Engels
Aksie & Avontuur

Zelna Dia

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Zelna Dia.

Golden Film ProdBekyk Reeks →
Aksie en Liefde
1 Voorblad
Afrikaans
Liefde & Romanse

Aksie en Liefde

Dit was ook ’n dubbelboek. Die oogmerk was waarskynlik om beide die manlike en vroulike leserstal te bereik. Daar was geen deurlopende karakters nie. Die eerste gedeelte was ’n tipies roman, gemik op die vroulike lesersmark, terwyl die “Aksie” gedeelte ’n spannings of speurverhaal weer gerig was op manlike lesers. Daar verskyn ook geen erkenning aan akteurs of skrywers nie, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Apache
1 Voorblad
Engels
Westerns

Apache

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Apache.

RPBekyk Reeks →
Apache and Lone Wolf
1 Voorblad
Engels
Westerns

Apache and Lone Wolf

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Apache and Lone Wolf.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Arend van die Oerwoud
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Arend van die Oerwoud

Dit was ook ’n gewilde klein boekie reeks wat aanvanklik ook op sy eie verskyn het. Arend het ook later ’n dubbelboek gedeel met Tanya die Vegter. Arend was ’n fris geboude jong man, wat ’n soort Tarzan bestaan in ’n oervallei of oerwêreld gevoer het. Hy het ’n vel masker gedra wat sy oë bedek het, waarskynlik om sy identiteit te beskerm en om vrees by die primitiewes in te boesem. Arend se wapens was sy buitengewone krag, sy boog vaardigheid en sy ervarenheid met ’n mes. Die Indiaanse vegters byltjie maak ook soms ’n verskyning in die verhale. Die oermense het wapens van hulle tyd gedra, naamlik klip messe, spiese en ook pyl en boë. Arend het natuurlik ook ’n meisie gehad wat sy avonture met hom gedeel het. Haar naam was Elize. Haar Westerse naam dui klaarblyklik daarop dat sy van die buite wêreld af in gekom het, om die oerwêreld met Arend te deel. Al die oermense het “oer” name gehad. Hy het ook nog ’n hond met die naam “Vegter” gehad, wat sommige avonture met hom gedeel het. Die verhale was meestal eietyds aan wat alles in ’n oervallei kan verkeerd loop. Daar was stamgevegte, bose toordokters , hekse en oerdiere wat beveg moes word. Arend was die man wat vrede moes bewaar. Die verhale was nie sleg nie, maar jy kon net soveel verhale oor oermense skryf en dan het dit ’n bietjie afgesaag begin raak. So ook het die fotografie en kleredrag van die oermense nie altyd oortuig nie, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Beau Brummell
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Beau Brummell

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Beau Brummell.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Beau the Untamed
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

Beau the Untamed

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Beau the Untamed.

RPBekyk Reeks →
Bende 3.5
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Bende 3.5

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Bende 3.5.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Bowman
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

Bowman

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Bowman.

AMABekyk Reeks →
Call for Mathew Craig
1 Voorblad
Engels
Speurder & Spioen

Call for Mathew Craig

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Call for Mathew Craig.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Captain Devil
1 Voorblad
Afrikaans
Speurder & Spioen

Captain Devil

Dit was die Engelse weergawe van die Kaptein Duiwel reeks, met die breker spioen Ron de Ville as die hoofkarakter, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Chunkie
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

Chunkie

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Chunkie.

LPBekyk Reeks →
Circus
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

Circus

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Circus.

RPBekyk Reeks →
Conrad Volta
1 Voorblad
Engels
Speurder & Spioen

Conrad Volta

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Conrad Volta.

1001 Photo StoresBekyk Reeks →
Cool The Hustler
1 Voorblad
Engels
Speurder & Spioen

Cool The Hustler

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Cool The Hustler.

ImpalaBekyk Reeks →
Die Gedoemde Dekaan
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Die Gedoemde Dekaan

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Die Gedoemde Dekaan.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Die Nag Arend
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Die Nag Arend

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Die Nag Arend.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Die Speurder
1 Voorblad
Afrikaans
Speurder & Spioen

Die Speurder

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Die Speurder.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Die Swerwer
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Die Swerwer

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Die Swerwer.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Die Uwe
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Die Uwe

Baie skaars uitgawes. Dit was nie deur RP (Republikeinse Pers) versprei nie, maar wel deur Paarl Drukkers, met die doel om ook die gewilde mark te probeer betree. Die lesers word hartroerende verhale uit die diepste wese van die lewe belowe. Verhale van lief en leed wat almal rondom hulle raak. Ook sou dit verhale wees wat spanning en skandes aan die lesers gegee het, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Dr Gyor Tsarov
1 Voorblad
Engels
Medies & Hospitaal

Dr Gyor Tsarov

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Dr Gyor Tsarov.

Contel FilmsBekyk Reeks →
Dr Len Beyers
1 Voorblad
Afrikaans
Medies & Hospitaal

Dr Len Beyers

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Dr Len Beyers.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Dubbelganger
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Dubbelganger

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Dubbelganger.

ImpalaBekyk Reeks →
Endless Love
1 Voorblad
Engels
Liefde & Romanse

Endless Love

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Endless Love.

Natal PictorialsBekyk Reeks →
Famous Westerns
1 Voorblad
Engels
Westerns

Famous Westerns

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Famous Westerns.

RPBekyk Reeks →
Grensvegter Dan Pienaar
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Grensvegter Dan Pienaar

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Grensvegter Dan Pienaar.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Hospitaal op horings
1 Voorblad
Afrikaans
Medies & Hospitaal

Hospitaal op horings

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Hospitaal op horings.

Litorol PersBekyk Reeks →
Jong Harte
1 Voorblad
Afrikaans
Liefde & Romanse

Jong Harte

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Jong Harte.

LP & GPBekyk Reeks →
Kamp op horings
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Kamp op horings

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Kamp op horings.

LPBekyk Reeks →
Kaptein Duiwel en Beau die Ontembare
1 Voorblad
Afrikaans
Speurder & Spioen

Kaptein Duiwel en Beau die Ontembare

KAPTEIN DUIWEL - Tipiese verhale uit die koue oorlog. Kaptein Duiwel is die bynaam van Ron de Ville, 'n breker spioen wat nie ooghare vir die rooies gehad het nie. Die verhale was ietwat stereotipies en was die gebruiklike aanvalle op vyande van die land gerig en die opblaas van vyandelike stellings. Die akteur se naam en die skrywer is onbekend aan my. Dit het later 'n boek gedeel met Beau die ontembare, sien onder. BEAU DIE ONTEMBARE - Die rol van Beau is vertolk deur die aantreklike Beau Brummel, die bekende akteur wat ook as kaalbas koning die nuus gehaal. Dit was baie oortuigende verhale uit die Mexikaans-Amerikaans se wilde weste. In plaas van JB Stetsons ,het die manne meestal Mexikaanse poncho’s en groot hoede gedra. Beau was ’n held wat altyd die minder bevoorregtes bygestaan het of mooie dames uit die moeilikheid uit gehelp het. Beau het natuurlik ook altyd met ’n dame in die arms geëindig. Bebaarde boosdoeners op die wettelose grens tussen die VSA en Mexiko, en self ook seerowers was van sy teenstanders. Soos gewoonlik het vuiste en snelvuur gevegte gereeld voorgekom. Dit het later 'n boek gedeel met Kaptein duiwel, sien onder, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Kung Fu
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Kung Fu

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Kung Fu.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Lara Lamont
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Lara Lamont

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Lara Lamont.

Litorol PersBekyk Reeks →
Lief en Leed
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Lief en Leed

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Lief en Leed.

LPBekyk Reeks →
Lone Wolf
1 Voorblad
Engels
Westerns

Lone Wolf

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Lone Wolf.

RPBekyk Reeks →
Love Affair
1 Voorblad
Engels
Liefde & Romanse

Love Affair

Maar net nog een van die vele romantiese reekse, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Love me Tender
1 Voorblad
Engels
Liefde & Romanse

Love me Tender

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Love me Tender.

LPBekyk Reeks →
Love Story
1 Voorblad
Engels
Liefde & Romanse

Love Story

Dit was eers 'n enkel boekie en wat later met Charmaine in A4 grootte gekombineer was. Ek het baie keer gewonder hoe dit moontlik is dat daar soveel romantiese verhale suksesvol versprei kon word. Dan het ek aan "Mills en Boon" gedink en besef dat die mark in Suid Afrika lyk my nie sommer versadig raak daaraan nie, (deur Koos Papenfus).

RPBekyk Reeks →
Majoor Mamba
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Majoor Mamba

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Majoor Mamba.

LPBekyk Reeks →
Man sonder naam
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Man sonder naam

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Man sonder naam.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Melt Mulder
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

Melt Mulder

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Melt Mulder.

?Bekyk Reeks →
Naglegioen
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Naglegioen

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Naglegioen.

LPBekyk Reeks →
Nuwe Liefde
1 Voorblad
Afrikaans
Liefde & Romanse

Nuwe Liefde

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Nuwe Liefde.

OlympusBekyk Reeks →
Ollie Baasjagter
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Ollie Baasjagter

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Ollie Baasjagter.

LPBekyk Reeks →
Playboy
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

Playboy

Die verhale was tipiese Amerikaanse “gangster” verhale. Die hoofrol speler was die super ryk playboy, Randy Forrest, wat die meisies gevry het en die boewe laat les opsê het. Fotografie was maar swak en die verhale self was ook nie juis baie indrukwekkend nie, (deur Koos Papenfus).

LPBekyk Reeks →
Rebel
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Rebel

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Rebel.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Saboteur
1 Voorblad
Afrikaans
Speurder & Spioen

Saboteur

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Saboteur.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Savage Ex-Mafia
1 Voorblad
Engels
Speurder & Spioen

Savage Ex-Mafia

Savage is die man wat ’n voormalige Mafia lid was en grootliks tot ander insigte gekom. Die verhale is in “The Godfather” tradisie en sentreer om Amerikaanse bende bedrywighede. Savage word deur die Steyn Beyers karakter (akteur Sven) vertolk. Sy van word ook nie in hierdie reeks genoem nie. Die ander rolspelers was “Cool”, gespeel deur ene “Johnnie”. Don Serafino was vertolk deur Douglas Fisk. Die skrywer was weer geïdentifiseer as Reg Aupiais en die fotograaf was Terrence Haywood, (deur Koos Papenfus).

LPBekyk Reeks →
Secrets
1 Voorblad
Engels
Liefde & Romanse

Secrets

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Secrets.

RPBekyk Reeks →
Shamus
1 Voorblad
Engels
Speurder & Spioen

Shamus

Was 'n privaatspeurder van New York. Hy het mooi dames wat in die moeilikheid beland en dan gered moes word. Hy het moeilike sake behartig, byvoorbeeld sake wat net met vuiste en rewolwers uitgesorteer kon word. Sy volle titel naam was Shamus Solo. Die privaat speurder genre was waarskynlik op 'n hoogtepunt op daardie stadium, (deur Koos Papenfus).

LPBekyk Reeks →
Sikloon
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Sikloon

Krisna de Waal was die hoof karakter in die Sikloon reeks. Dit was maar ’n flouerige wetenskapsfiksie reeks met ’n gemaskerde dame wat die wêreld probeer red het van ongure karakters. Die fotografie en die verhale was nie baie oortuigend nie. So ook nie ons gemaskerde wonder nie, (deur Koos Papenfus).

Foto treffersBekyk Reeks →
Slaughter Gang War
1 Voorblad
Engels
Speurder & Spioen

Slaughter Gang War

Hierdie reeks was ook ’n Amerikaanse “gangster” tipe reeks. Sven (sonder van) vertolk weer die titel rol. Hy was seker een van die besigste hoofrol akteurs en het ook verskyn in Slaughter, Savage en Man with no name. Die verhale was redelik breedvoerig met groot gedeeltes teks tussen die foto’s. Die boekie was deur Impala publikasies uitgegee, met die skrywer die reeds bekende Reg Aupiais, (deur Koos Papenfus).

ImpalaBekyk Reeks →
Spioen Markus Tredoux
1 Voorblad
Afrikaans
Speurder & Spioen

Spioen Markus Tredoux

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Spioen Markus Tredoux.

OlympusBekyk Reeks →
Spioen Olaf Bouwer
1 Voorblad
Afrikaans
Speurder & Spioen

Spioen Olaf Bouwer

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Spioen Olaf Bouwer.

RPBekyk Reeks →
Spy X-0-3
1 Voorblad
Afrikaans
Speurder & Spioen

Spy X-0-3

Vic de Gaulle was agent X-0-3. Die vroulike hero in die verhale heet Valente Lamont. Tipiese toentertydse spioenasie verhale, maar met redelike goeie fotografie, (deur Koos Papenfus).

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Supermask
1 Voorblad
Engels
Speurder & Spioen

Supermask

Die verhale het gehandel oor ’n super sterk swart kragman genaamd Supermask. Hy het die rol gespeel van ’n gemaskerde kragman wat die wêreld moes red van talle vyande. ’n Goeie konsep wat waarskynlik ’n groot getal swart lesers gelok het. Swart akteurs het uitsluitlik die rolle vertolk en dit was dus hoofsaaklik gemik op die swart lesersmark van daardie tyd. In ’n ietwat ongewone stap van die fotoverhaal mark, het die avonture van Supermask op mekaar gevolg. Dit was ’n slim konsep wat die lesers waarskynlik wou dwing om die volgende uitgawe ook te koop om te sien wat verder met hulle held gebeur. Geen melding word weereens van die skrywer gemaak nie, ook nie van die rolspelers nie. Die fotografie was goed en die verhaal interessant genoeg om jou nuuskierig genoeg te maak vir die volgende uitgawe, (deur Koos Papenfus).

LPBekyk Reeks →
Takoeza
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Takoeza

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Takoeza.

LPBekyk Reeks →
Tana
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Tana

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Tana.

Litorol PersBekyk Reeks →
Tarka
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Tarka

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Tarka.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Tiener Liefde
1 Voorblad
Afrikaans
Liefde & Romanse

Tiener Liefde

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Tiener Liefde.

Athenaeum/JRA BaileyBekyk Reeks →
Torak
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

Torak

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Torak.

Drum/JRA BaileyBekyk Reeks →
True SA Police
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

True SA Police

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks True SA Police.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Verdeelde Liefde
1 Voorblad
Afrikaans
Liefde & Romanse

Verdeelde Liefde

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Verdeelde Liefde.

Group PublicationsBekyk Reeks →
Wild Cat
1 Voorblad
Engels
Aksie & Avontuur

Wild Cat

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Wild Cat.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Young Love and Love Story
1 Voorblad
Engels
Liefde & Romanse

Young Love and Love Story

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Young Love and Love Story.

Republikeinse PublikasiesBekyk Reeks →
Ystervuis
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Ystervuis

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Ystervuis.

TrinityBekyk Reeks →
Zarba
1 Voorblad
Afrikaans
Aksie & Avontuur

Zarba

Gewilde Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Zarba.

SAPROMOBekyk Reeks →