Oorspronklike voorblad van die Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Die Wit Tier (Aksie & Avontuur, Afrikaans fotoverhaal) - Uitgegee deur Republikeinse Publikasies
Klik vir Volskerm-aansig
Aksie & AvontuurAfrikaansRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Die Wit Tier

Beskikbare Voorblaaie26
Geregistreerde Uitgawes26

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

As daar nou ooit ’n Swart Luiperd liefhebber was wat iets in die lyn van fotoverhale gesoek het en wat hom tevrede moes stel, was dit sekerlik die Wit Tier. Die Wit Tier het gelewe in ’n land met die naam Takaranië (Tanzanië?). Dit was klaarblyklik iewers op die vasteland van Afrika, maar was binne bereik van Suid-Afrikaners. Die Wit Tier was ’n oortuigend, sterk geboude jongman, wat soos ’n Tarzan van ouds in die oerwoud geleef het. Weereens weet ons nie wie die skrywer was of wie die titel rol vertolk het nie . Die verhale was vol avontuur en het lekker leesstof uitgemaak. Naas “Ruiter in Swart” en “Mark Condor”, was dit seker een van my persoonlike gunstelinge. Hy het talle oorspronklike avonture in oerwoud beleef. Daar was die geval van ’n vroulike breindokter wat sy verstand oorneem het asook vele gevegte met diere en krokodille. Daar was selfs ’n oervallei met ’n verlore stam en prehistoriese diere. Sy wapens was sy hande en sy mes, maar hy het ook van ’n geweer of pistool gebruik gemaak wanneer dit nodig was. Daar was ivoorsmokkelaars en wild stropers, selfs ook ruimtewesens wat die land besoek het. So was daar ook Arabiese slawe handelaars wat hom in die sand begrawe het, sodat die miere hom kon opvreet. Hy was ook deur ’n verlore vroue stam gevange geneem. Natuurlik was daar ook altyd ’n mooi meisie in die omtrek om hom in sy tyd van nood te red. Op ’n manier herinner die verhale my baie aan die avonture van die Skim, wat deur Lee Falk geskep was. Beide beleef hulle avonture in ’n denkbeeldige land wat tussen die oertyd en die beskawing is. In die Skim was die denkbeeldige land natuurlik Bengalië. Dit was dan natuurlik vir die skrywer moontlik om sy verbeelding meer vrye teuels te kon gee, (deur Koos Papenfus).

Aksie- en avontuurverhale het die goue era van plaaslike kyk-en-lees boekies gedefinieer. Elke episode is sorgvuldig beplan met regte akteurs, fotograwe, grimering en werklike liggings regoor Suid-Afrika, wat 'n unieke visuele tydkapsule van die 1960's tot 1980's vorm.

Hierdie rekord van "Die Wit Tier" (Afrikaans, uitgegee deur Republikeinse Publikasies) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 26 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.

Voorblaaie & Uitgawes van Die Wit Tier

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

26 Uitgawes
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #50: "Slaaf in sy eie land" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#50
Slaaf in sy eie land
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #64: "Laaste offer" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#64
Laaste offer
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #66: "Maak dood die prinses" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#66
Maak dood die prinses
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #67: "So lank duld ek jou" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#67
So lank duld ek jou
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #68: "Besoek uit die vreemde" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#68
Besoek uit die vreemde
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #69: "Na twintig lange jare" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#69
Na twintig lange jare
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #70: "Die gierige sjeik" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#70
Die gierige sjeik
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #72: "Stokers van onheil" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#72
Stokers van onheil
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #73: "Kind op die vlug" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#73
Kind op die vlug
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #77: "Nou net vergelding" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#77
Nou net vergelding
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #78: "Vir die fees van Venus" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#78
Vir die fees van Venus
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #79: "Vrou uit die suide" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#79
Vrou uit die suide
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #81: "Vuur vir woede" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#81
Vuur vir woede
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #82: "Slaaf van die stergod" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#82
Slaaf van die stergod
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #84: "Lis van die woestyn jakkals" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#84
Lis van die woestyn jakkals
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #85: "Graf vir die goudrowers" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#85
Graf vir die goudrowers
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #86: "Kom broer, ons veg" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#86
Kom broer, ons veg
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #96: "Toe kom die weerwraak" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#96
Toe kom die weerwraak
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #99: "Die vloek van Karawappa" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#99
Die vloek van Karawappa
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #100: "Afrekening" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#100
Afrekening
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #102: "'n Koning, 'n vriend..." (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#102
'n Koning, 'n vriend...
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #105: "Geen genade vir jou" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#105
Geen genade vir jou
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #106: "Vrou in die wildernis" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#106
Vrou in die wildernis
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #107: "'n Dag vir wraak" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#107
'n Dag vir wraak
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #122: "Nag van die skedel" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#122
Nag van die skedel
Vintage voorblad van Die Wit Tier Uitgawe #124: "Bruid op die vlug" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#124
Bruid op die vlug

Verwante Reekse (Aksie & Avontuur)

Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.

Bekyk al 111 reekse →
ONTDEK MEER

📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive

Besoek Argief➔