Oorspronklike voorblad van die Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter (Aksie & Avontuur, Afrikaans fotoverhaal) - Uitgegee deur Republikeinse Publikasies
Klik vir Volskerm-aansig
Aksie & AvontuurAfrikaansRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter

Beskikbare Voorblaaie2
Geregistreerde Uitgawes2

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

TANYA DIE VEGTER - Ook 'n gewilde reeks een met 'n vrou in die hoofrol. Dit moes seker kom. As jy van Zorro gehou het sal Tanya die vegter beslis in jou smaak geval het. Die tydvak was waarskynlik so tussen 'n ou Kaapse verhaal en 'n Afrikaanse wilde weste verhaal. Tanya was 'n skut van formaat, maar eintlik was sy meer 'n swaardvegter wat vir niemand terug gedeins het nie.

Sy sou enige iemand in die nood met pistool of swaard bygestaan het. Sy het 'n vriend gehad wat 'n ondergeskikte rol vertolk het met die naam van "Sjang". Hy word uitgebeeld as 'n Sjinees haar gevegskunsies geleer het en uiteraard ook boewe en ander kriminele saam met haar beveg het. Soos Zorro, het sy ook 'n masker gedra en was gewoonlik baie kleurvol geklee. Geen erkenning word aan enige skrywers of akteurs gegee nie. Haar boekie het naderhand ook 'n dubbelboek geword wat sy met "Arend van die Oerwoud" gedeel het, (deur Koos Papenfus).

Aksie- en avontuurverhale het die goue era van plaaslike kyk-en-lees boekies gedefinieer. Elke episode is sorgvuldig beplan met regte akteurs, fotograwe, grimering en werklike liggings regoor Suid-Afrika, wat 'n unieke visuele tydkapsule van die 1960's tot 1980's vorm.

Hierdie rekord van "Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter" (Afrikaans, uitgegee deur Republikeinse Publikasies) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 2 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.

Voorblaaie & Uitgawes van Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

2 Uitgawes
Vintage voorblad van Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter Uitgawe #8: "Kreet van wanhoop en Slagting met sonop" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#8
Kreet van wanhoop en Slagting met sonop
Vintage voorblad van Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter Uitgawe #14: "Tem die monster en Om haar die geweld" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#14
Tem die monster en Om haar die geweld

Verwante Reekse (Aksie & Avontuur)

Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.

Bekyk al 111 reekse →
ONTDEK MEER

📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive

Besoek Argief➔