Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter
Klik vir Volskerm-aansig
Aksie & AvontuurAfrikaansRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter

Beskikbare Voorblaaie2
Geregistreerde Uitgawes2

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

TANYA DIE VEGTER - Ook 'n gewilde reeks een met 'n vrou in die hoofrol. Dit moes seker kom. As jy van Zorro gehou het sal Tanya die vegter beslis in jou smaak geval het. Die tydvak was waarskynlik so tussen 'n ou Kaapse verhaal en 'n Afrikaanse wilde weste verhaal. Tanya was 'n skut van formaat, maar eintlik was sy meer 'n swaardvegter wat vir niemand terug gedeins het nie.

Sy sou enige iemand in die nood met pistool of swaard bygestaan het. Sy het 'n vriend gehad wat 'n ondergeskikte rol vertolk het met die naam van "Sjang". Hy word uitgebeeld as 'n Sjinees haar gevegskunsies geleer het en uiteraard ook boewe en ander kriminele saam met haar beveg het. Soos Zorro, het sy ook 'n masker gedra en was gewoonlik baie kleurvol geklee. Geen erkenning word aan enige skrywers of akteurs gegee nie. Haar boekie het naderhand ook 'n dubbelboek geword wat sy met "Arend van die Oerwoud" gedeel het, (deur Koos Papenfus).

Voorblaaie & Uitgawes van Arend van die Oerwoud en Tanya die Vegter

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

2 Uitgawes
Kreet van wanhoop en Slagting met sonop
#8
Kreet van wanhoop en Slagting met sonop
Tem die monster en Om haar die geweld
#14
Tem die monster en Om haar die geweld