
Tessa
Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge
Dit moes natuurlik ook kom. Selfs in ’n konserwatiewe Suid-Afrika was ’n vroulike heldin ook nodig. Wat beter as ’n pragtig geboude blondine, met lang bene wat gereeld in ’n bikini rondloop? Deur die jare het verskeie Tessa’s deel van die reeks geword. Elkeen was op haar eie manier ’n baie aantreklik en beeldskone dame, wat ’n vars bries in die fotoverhaalmark ingebring het. As die manne nie van die storie gehou het nie, was daar wel genoeg van Tessa te sien om die boekie wel te koop en te lees. Soos met alle fotoverhale, het die skrywers enige kragwoorde en eksplisiete seks totaal vermy. Tog was daar genoeg van elke Tessa te sien. Daar was genoeg delikaat geredigeerde badkamer en swembad verskynings om die reeks heeltyd lewendig te hou. Dit was ’n wenresep met ’n goeie storie storielyn, gekombineer wat genoeg aksie in elke uitgawe. Die resep het die reeks een van die groot suksesse van fotoverhale gemaak. Daar word nêrens erkenning aan ’n skrywer gegee nie, en mens weet dus nie van wie die sukses resep afkomstig was nie, (deur Koos Papenfus).
Liefdes- en romanse-fotoverhale het lesers bekoor met hartstogtelike intriges, familiegeheime en die mode van die era. Hierdie kyk-en-lees tydskrifte was bekostigbaar by plaaslike kafees en stasiewinkels beskikbaar en het 'n belangrike rol in populêre ontvlugtingslektuur gespeel.
Hierdie rekord van "Tessa" (Engels, uitgegee deur RP) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 5 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.
Voorblaaie & Uitgawes van Tessa
Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.





Verwante Reekse (Liefde & Romanse)
Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.
📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive




