
Aksie en Liefde
Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge
Dit was ook ’n dubbelboek. Die oogmerk was waarskynlik om beide die manlike en vroulike leserstal te bereik. Daar was geen deurlopende karakters nie. Die eerste gedeelte was ’n tipies roman, gemik op die vroulike lesersmark, terwyl die “Aksie” gedeelte ’n spannings of speurverhaal weer gerig was op manlike lesers. Daar verskyn ook geen erkenning aan akteurs of skrywers nie, (deur Koos Papenfus).
Liefdes- en romanse-fotoverhale het lesers bekoor met hartstogtelike intriges, familiegeheime en die mode van die era. Hierdie kyk-en-lees tydskrifte was bekostigbaar by plaaslike kafees en stasiewinkels beskikbaar en het 'n belangrike rol in populêre ontvlugtingslektuur gespeel.
Hierdie rekord van "Aksie en Liefde" (Afrikaans, uitgegee deur Republikeinse Publikasies) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 1 gekatalogiseerde voorblad vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.
Voorblaaie & Uitgawes van Aksie en Liefde
Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

Verwante Reekse (Liefde & Romanse)
Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.
📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive




