
Grensvegter
Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge
In dae van die bosoorlog was dit ook een van die groot sukses resepte van die tyd. Mense kon hulle met grensvegters vereenselwig. Feitlik elke familie het toe 'n kind gehad wat iewers op die grens was of in die "army" diens gedoen het. Dit was die jare van "Kaptein Caprivi" en "Boetie gaan border toe", wat die ou inry teaters vol gepak het. Almal het geweet wie die terroriste was, wie die Russe en Kubane was, en dat hulle almal vyande van ons land Suid-Afrika was. Ironies genoeg het tye gedraai en soos almal vandag weet, het die sogenaamde terroriste vryheidsvegters geword en die bos oorlog 'n vergete tyd in ons land se geskiedenis geword.
Rocco De Wet was die een man oorlogsmasjien wat die vyand gaan aanvat het en terselfdertyd sommer ook uitgeroei het. Uiteraard was daar gewoonlik 'n stukkie romanse ook in. Gaan kyk na die Grensvegter potpouri vir meer inligting omtrent die gegewe verhale. Volg hom ook in die helde album afdeling.
Dan Pienaar het by Rocco de Wet oorgeneem en die reeks sodoende voortgesit. ’n Nuwe naam was waarskynlik ’n meer suksesvoller idée as om ’n nuwe akteur met ou naam te gebruik. (Soos in Kid die Swerwer ook die geval.), (deur Koos Papenfus).
Aksie- en avontuurverhale het die goue era van plaaslike kyk-en-lees boekies gedefinieer. Elke episode is sorgvuldig beplan met regte akteurs, fotograwe, grimering en werklike liggings regoor Suid-Afrika, wat 'n unieke visuele tydkapsule van die 1960's tot 1980's vorm.
Hierdie rekord van "Grensvegter" (Afrikaans, uitgegee deur Republikeinse Publikasies) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 31 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.
Voorblaaie & Uitgawes van Grensvegter
Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.































Verwante Reekse (Aksie & Avontuur)
Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.
📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive




