Oorspronklike voorblad van die Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Supermask (Speurder & Spioen, Engels fotoverhaal) - Uitgegee deur LP
Klik vir Volskerm-aansig
Speurder & SpioenEngelsLPFormaat: A5

Supermask

Beskikbare Voorblaaie1
Geregistreerde Uitgawes1

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Die verhale het gehandel oor ’n super sterk swart kragman genaamd Supermask. Hy het die rol gespeel van ’n gemaskerde kragman wat die wêreld moes red van talle vyande. ’n Goeie konsep wat waarskynlik ’n groot getal swart lesers gelok het. Swart akteurs het uitsluitlik die rolle vertolk en dit was dus hoofsaaklik gemik op die swart lesersmark van daardie tyd.

In ’n ietwat ongewone stap van die fotoverhaal mark, het die avonture van Supermask op mekaar gevolg. Dit was ’n slim konsep wat die lesers waarskynlik wou dwing om die volgende uitgawe ook te koop om te sien wat verder met hulle held gebeur. Geen melding word weereens van die skrywer gemaak nie, ook nie van die rolspelers nie. Die fotografie was goed en die verhaal interessant genoeg om jou nuuskierig genoeg te maak vir die volgende uitgawe, (deur Koos Papenfus).

Speurder- en geheime agent-fotoverhale het die opwinding van die internasionale spioenasie-era na Suid-Afrika gebring. Met vinnige sportmotors, slinkse misdaadsindikate, eksotiese lokasies en onverskrokke speurders het hierdie reekse 'n ongekende lesersmark verower.

Hierdie rekord van "Supermask" (Engels, uitgegee deur LP) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 1 gekatalogiseerde voorblad vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.

Voorblaaie & Uitgawes van Supermask

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

1 Uitgawe
Vintage voorblad van Supermask Uitgawe #39: "The chain of death" (Engels fotoverhaal, Speurder & Spioen) - LP
#39
The chain of death

Verwante Reekse (Speurder & Spioen)

Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.

Bekyk al 111 reekse →
ONTDEK MEER

📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive

Besoek Argief➔