Oorspronklike voorblad van die Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Kaptein Duiwel en Beau die Ontembare (Speurder & Spioen, Afrikaans fotoverhaal) - Uitgegee deur Republikeinse Publikasies
Klik vir Volskerm-aansig
Speurder & SpioenAfrikaansRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Kaptein Duiwel en Beau die Ontembare

Beskikbare Voorblaaie1
Geregistreerde Uitgawes1

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

KAPTEIN DUIWEL - Tipiese verhale uit die koue oorlog. Kaptein Duiwel is die bynaam van Ron de Ville, 'n breker spioen wat nie ooghare vir die rooies gehad het nie. Die verhale was ietwat stereotipies en was die gebruiklike aanvalle op vyande van die land gerig en die opblaas van vyandelike stellings. Die akteur se naam en die skrywer is onbekend aan my. Dit het later 'n boek gedeel met Beau die ontembare, sien onder.

BEAU DIE ONTEMBARE - Die rol van Beau is vertolg deur die aantreklike Beau Brummel, die bekende akteur wat ook as kaalbas koning die nuus gehaal. Dit was baie oortuigende verhale uit die Mexikaans-Amerikaans se wilde weste. In plaas van JB Stetsons ,het die manne meestal Mexikaanse poncho’s en groot hoede gedra. Beau was ’n held wat altyd die minder bevoorregtes bygestaan het of mooie dames uit die moeilikheid uit gehelp het. Beau het natuurlik ook altyd met ’n dame in die arms geëindig. Bebaarde boosdoeners op die wettelose grens tussen die VSA en Mexiko, en self ook seerowers was van sy teenstanders. Soos gewoonlik het vuiste en snelvuur gevegte gereeld voorgekom. Dit het later 'n boek gedeel met Kaptein duiwel, sien onder, (deur Koos Papenfus).

Speurder- en geheime agent-fotoverhale het die opwinding van die internasionale spioenasie-era na Suid-Afrika gebring. Met vinnige sportmotors, slinkse misdaadsindikate, eksotiese lokasies en onverskrokke speurders het hierdie reekse 'n ongekende lesersmark verower.

Hierdie rekord van "Kaptein Duiwel en Beau die Ontembare" (Afrikaans, uitgegee deur Republikeinse Publikasies) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 1 gekatalogiseerde voorblad vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.

Voorblaaie & Uitgawes van Kaptein Duiwel en Beau die Ontembare

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

1 Uitgawe
Vintage voorblad van Kaptein Duiwel en Beau die Ontembare Uitgawe #57: "'n Saak van identiteit en Sluipers in die nag" (Afrikaans fotoverhaal, Speurder & Spioen) - Republikeinse Publikasies
#57
'n Saak van identiteit en Sluipers in die nag

Verwante Reekse (Speurder & Spioen)

Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.

Bekyk al 111 reekse →
ONTDEK MEER

📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive

Besoek Argief➔