
Slaughter Gang War
Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge
Hierdie reeks was ook ’n Amerikaanse “gangster” tipe reeks. Sven (sonder van) vertolk weer die titel rol. Hy was seker een van die besigste hoofrol akteurs en het ook verskyn in Slaughter, Savage en Man with no name. Die verhale was redelik breedvoerig met groot gedeeltes teks tussen die foto’s. Die boekie was deur Impala publikasies uitgegee, met die skrywer die reeds bekende Reg Aupiais, (deur Koos Papenfus).
Speurder- en geheime agent-fotoverhale het die opwinding van die internasionale spioenasie-era na Suid-Afrika gebring. Met vinnige sportmotors, slinkse misdaadsindikate, eksotiese lokasies en onverskrokke speurders het hierdie reekse 'n ongekende lesersmark verower.
Hierdie rekord van "Slaughter Gang War" (Engels, uitgegee deur Impala) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 1 gekatalogiseerde voorblad vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.
Voorblaaie & Uitgawes van Slaughter Gang War
Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

Verwante Reekse (Speurder & Spioen)
Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.
📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive




