Oorspronklike voorblad van die Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Saal 10 Ongevalle (Medies & Hospitaal, Afrikaans fotoverhaal) - Uitgegee deur RP
Klik vir Volskerm-aansig
Medies & HospitaalAfrikaansRPFormaat: A5

Saal 10 Ongevalle

Beskikbare Voorblaaie3
Geregistreerde Uitgawes3

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Hier was dit menslike verhale wat agter elke ongeval afgespeel het. Dit was nog een waarmee die Suid-Afrikaanse publiek hulle mee kon vereenselwig. Ons was almal al in die hospitaal en byna elke familie het al ’n ongeval of noodgeval gehad. Dit was verhale wat uit die lewe gekom het en die romantiese lesers diep geroer het. Daar waar ’n aantreklike dokter en ’n paar pragtige verpleegsters die hoofrol vertolk, kon die skrywers maar net nie verkeerd gegaan het nie. Saal 10 het later ’n dubbelboek met “Verdwaalde harte” gedeel, (deur Koos Papenfus).

Hospitaal- en mediese fotoverhale het 'n reuse-aanhang gehad, veral onder lesers wat gehou het van intense emosionele verhoudings, dokter-verpleegster dinamika en lewensreddende operasiesale. Hierdie dramas het 'n realiteitsgevoel geskep danksy regte akteurs in outentieke Suid-Afrikaanse hospitaalomgewings.

Hierdie rekord van "Saal 10 Ongevalle" (Afrikaans, uitgegee deur RP) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 3 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.

Voorblaaie & Uitgawes van Saal 10 Ongevalle

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

3 Uitgawes
Vintage voorblad van Saal 10 Ongevalle Uitgawe #80: "Jou hart sal besluit" (Afrikaans fotoverhaal, Medies & Hospitaal) - RP
#80
Jou hart sal besluit
Vintage voorblad van Saal 10 Ongevalle Uitgawe #271: "Vegewe ons ons skulde..." (Afrikaans fotoverhaal, Medies & Hospitaal) - RP
#271
Vegewe ons ons skulde...
Vintage voorblad van Saal 10 Ongevalle Uitgawe #285: "Slavin van haar plig" (Afrikaans fotoverhaal, Medies & Hospitaal) - RP
#285
Slavin van haar plig

Verwante Reekse (Medies & Hospitaal)

Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.

Bekyk al 111 reekse →
ONTDEK MEER

📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive

Besoek Argief➔