Oorspronklike voorblad van die Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Apache and Mark Condor (Westerns, Engels fotoverhaal) - Uitgegee deur Republikeinse Publikasies
Klik vir Volskerm-aansig
WesternsEngelsRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Apache and Mark Condor

Beskikbare Voorblaaie5
Geregistreerde Uitgawes5

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

APACHE - Die verhale speel af in die Amerikaanse wilde weste. Cha is die naam van “Apache,” die laaste vegter van sy stam. Hy was die man wat geveg het vir die regte en grond van sy mense. Die verhale is tipes van die Amerikaanse geskiedenis. Wit mense wat die Apache se grond beset en hulle dan na reservate verban en die gevolge daarvan. Klink dit dalk bekend? Sy gevegte was teen dranksmokkelaars, rowers en moordenaars van sy tyd. Sy wapens was ’n ordentlike jagmes, ’n geweer en ook ’n pyl en boog, wat hy gewoonlik op ’n dramatiese wyse gebruik het om van sy vyande ontslae te raak. Tipies van elke verhaal was dat daar ’n mooi vrou was wat altyd op een of ander manier in die moeilikheid beland het. Daar was ook in elke episode ’n mes geveg en vuiste wat klap. Die skrywer van die reeks en die hoof karakter se naam is nie bekend nie. Fotografie was goed vir daardie tyd en redelike aandag was gegee om die klere en agtergrond, om dit sodoende oorspronklik te probeer hou. Sy verhale is later met “Mark Condor” gedeel as ’n dubbelboek in A4 grootte.

MARK CONDOR - Van al die fotoverhale het “Mark Condor” gegroei tot die grootste en een van die gewildste van al die reeks fotoverhale. Martin Pols het ’n bekende akteur geword en was gou aan almal bekend. Na sy fotoverhaal dae, kon hy steeds op sy reputasie voortbou en het homself as bekende sakeman in die finansierings besigheid in die Centurion omgewing gevestig. Tot vandag toe weet almal dat Martin Pols en Mark Condor sinoniem was. Geen een van die boekies wat ek besit gee enige erkenning aan die skrywers nie. Miskien kan ’n leser of ’n skrywer ons op die regte spoor bring. Wie was Mark Condor? As jy van Obed de Swardt se wedervaringe as die Swerwer Speurder gelees het (storieverhaal reeks), het jy daar ’n soortgelyke weergawe en karakter gevind. Mark Condor was ’n aantreklike ryk jongman wat alles gehad het. Hy was ’n miljoenêr met sakebelange dwars oor die wêreld. Wat moes hy doen om homself besig te hou? Hy het speurwerk gedoen en avonture dwars oor die wêreld beleef. Sy teenstanders was moordenaars, rowers en allerhande soort smokkelaars, ja in daardie tyd selfs dwelmhandelaars ook. Hy was ’n huursoldaat wat met Zapata kon kragte meet en het selfs op kere met ruimtewesens deurmekaar geraak. Teen die einde van reeks het ons kennis gemaak met die “seun” van Mark Condor, wat hom sou opvolg. Maar dit was egter Martin Pols se gesig wat onhou word. Van ’n enkel boekie het die reeks naderhand ’n dubbelboek geword wat met Apache en Thor gedeel was. Ek vermoed die reeks het tussen 500 en 600 uitgawes beloop, (deur Koos Papenfus).

Die Western-fotoverhaal was een van die mees geliefde genres in Suid-Afrikaanse pulp-fiksie tussen 1960 en 1985. Geïnspireer deur sowel die woeste goudvelde en laeveld van Suid-Afrika as die tradisionele Amerikaanse cowboy-legendes, het hierdie verhale lesers weekliks geboei met rewolweraksie, perdejagte en vuisgevegte tussen geregsdienaars en rowers.

Hierdie rekord van "Apache and Mark Condor" (Engels, uitgegee deur Republikeinse Publikasies) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 5 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.

Voorblaaie & Uitgawes van Apache and Mark Condor

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

5 Uitgawes
Vintage voorblad van Apache and Mark Condor Uitgawe #41: "Back from the grave and Never say die" (Engels fotoverhaal, Westerns) - Republikeinse Publikasies
#41
Back from the grave and Never say die
Vintage voorblad van Apache and Mark Condor Uitgawe #94: "City evil and The dark light" (Engels fotoverhaal, Westerns) - Republikeinse Publikasies
#94
City evil and The dark light
Vintage voorblad van Apache and Mark Condor Uitgawe #106: "Pit of darkness and Death at dawn" (Engels fotoverhaal, Westerns) - Republikeinse Publikasies
#106
Pit of darkness and Death at dawn
Vintage voorblad van Apache and Mark Condor Uitgawe #109: "Testing time and Ravishing rebels" (Engels fotoverhaal, Westerns) - Republikeinse Publikasies
#109
Testing time and Ravishing rebels
Vintage voorblad van Apache and Mark Condor Uitgawe #110: "Document of blood and Condor and the countess" (Engels fotoverhaal, Westerns) - Republikeinse Publikasies
#110
Document of blood and Condor and the countess

Verwante Reekse (Westerns)

Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.

Bekyk al 111 reekse →
ONTDEK MEER

📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive

Besoek Argief➔