
Kid die Swerwer
Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge
Dit was beslis een van die gewilde keuses wanneer dit by "cowboy" boekies gekom het. Die reeks speel af in die Amerikaanse weste, net na die Amerikaanse burger oorlog. Kid het blykbaar vir die Amerikaanse regering gewerk en hy was daar 'n soort geregsdienaar gewees. Hy was egter sover ek weet, nooit as "sheriff" of "marshall" of as iets soortgelyks geïdentifiseer nie. Hy was 'n snelskut van formaat en was ook baie handig met sy vuiste. Kid was gewoonlik op die spoor van misdadigers van daardie era.
Elke boekie bevat die gebruiklike vuisgeveg en die gebruiklike finale skietgeveg, waarin die boewe dan uitgeroei word. Sy akkurate skietwerk het gesorg dat min van sy teenstanders dit oorleef het. Die rol van Kid is deur minstens twee akteurs vertolk - geen erkenning word aan die akteurs gegee nie, so ook nie aan die skrywer nie. Van die twee bekende vertolkings was die eerste Kid waarskynlik die meer oortuigende karakter. Vanaf ongeveer nommer 153 het ons die tweede Kid in aksie begin sien. Kid sorg ook vir 'n bietjie aksie in die helde album, (deur Koos Papenfus).
Voorblaaie & Uitgawes van Kid die Swerwer
Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

























