
Die Swart Luiperd
Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge
Onder versamelaars is die Swart Luiperd slapband storieverhaal boekies (Pronk en Sirkel uitgawes), seker van die gewildste versamel items van ons tyd. Wyle Braam Le Roux en Meiring Fouche het verhale geskep wat die avontuur instink in elke jong leser wakker gemaak het. Dit is dan geen wonder dat hierdie uiters gewilde karakter dan ook sy pad na die fotoverhaal mark gevind het nie. Die reeks het egter in sterk kompetisie met die “Ruiter in Swart” verskyn. Omdat die sogenaamde Suid-Afrikaanse “cowboy” verhaal so gewild was in daardie tyd, was die Swart Luiperd weer in die avontuur wêreld van die ou Transvaalse goudvelde geplaas. Die hoofkarakter was dus nie die bekende Leon Fouche nie, maar Baron Rolf du Plessis. Hy was in die geheim die gevreesde Swart Luiperd. Met staal vuiste en vlammende rewolwers het hy reg en geregtigheid in die woeste Laeveld laat geskied. Net soos die Ruiter in Swart, was hy meeste van die tyd ook in swart geklee, maar hy het ’n baie oortuigende masker van ’n “regte” swart luiperd gedra. Die vlammende oë en die oopbek met reuse slagtande moes ’n groot indruk op skurke van sy tyd gemaak het. Die groot stryd was egter vir hom om sy identiteit voortdurend geheim te hou. Sy teenstanders was dan ook skurke van die tydvak. Braam Le Roux se Swart Luiperd (storieverhale) het matige wetenskapsfiksie in gehad. Die fotoverhale was weer beperk tot veediewe, plaas rowers, struik rowers,en smokkelaars van alle soorte. Gaan lees gerus meer oor die Swart Luiperd by Potpouri vir meer inligting. Die skrywer van die fotoverhale, asook die naam van die rol spelers is nie aan my bekend nie. Miskien kan van die lesers hand bysit en ons laat weet, (deur Koos Papenfus).
Voorblaaie & Uitgawes van Die Swart Luiperd
Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.




























