Man with no Name
Klik vir Volskerm-aansig
Aksie & AvontuurEngelsRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Man with no Name

Beskikbare Voorblaaie2
Geregistreerde Uitgawes2

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Waarom die volledige titel “Steyn Beyers - Man with no Name” heet, sal geen mens weet nie. ’n Man wat nie naam het nie, het mos nie ’n naam nie, of hoe? Die verhale sinspeel op die sukses van die bekende Dollar Westerns met Clint Eastwood in die hoofrol. Soos sy rolprent eweknie was Steyn Beyers ’n karakter wat in die grys gebied tussen reg en geregtigheid beweeg het. Hy het ’n vroulike medespeler met die naam Bella gehad wat baie lief was vir hom, maar hom terselfdertyd ook nie kon verdra nie. Klink dit dalk bekend?

Anders as ander fotoverhale word hier wye erkenning gegee aan die skrywer en die akteurs. Steyn Beyers was gespeel deur Sven, (seker om die misterie van die reeks te versterk, was sy van nie genoem nie). Bella was vertolk deur Shirley Celliers. Die skrywer van die reeks was Reg Aupiais (’n totaal onbekende skrywer vir my) en die fotograaf was Tehri Haywood. Ek self het ’n redelike voorliefde vir “westerns,” maar het nog nie op die skrywer se naam afgekom nie, (deur Koos Papenfus).

Voorblaaie & Uitgawes van Man with no Name

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

2 Uitgawes
Rough justice
#54
Rough justice
Kill for your life
#57
Kill for your life