
Man with no Name
Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge
Waarom die volledige titel “Steyn Beyers - Man with no Name” heet, sal geen mens weet nie. ’n Man wat nie naam het nie, het mos nie ’n naam nie, of hoe? Die verhale sinspeel op die sukses van die bekende Dollar Westerns met Clint Eastwood in die hoofrol. Soos sy rolprent eweknie was Steyn Beyers ’n karakter wat in die grys gebied tussen reg en geregtigheid beweeg het. Hy het ’n vroulike medespeler met die naam Bella gehad wat baie lief was vir hom, maar hom terselfdertyd ook nie kon verdra nie. Klink dit dalk bekend?
Anders as ander fotoverhale word hier wye erkenning gegee aan die skrywer en die akteurs. Steyn Beyers was gespeel deur Sven, (seker om die misterie van die reeks te versterk, was sy van nie genoem nie). Bella was vertolk deur Shirley Celliers. Die skrywer van die reeks was Reg Aupiais (’n totaal onbekende skrywer vir my) en die fotograaf was Tehri Haywood. Ek self het ’n redelike voorliefde vir “westerns,” maar het nog nie op die skrywer se naam afgekom nie, (deur Koos Papenfus).
Aksie- en avontuurverhale het die goue era van plaaslike kyk-en-lees boekies gedefinieer. Elke episode is sorgvuldig beplan met regte akteurs, fotograwe, grimering en werklike liggings regoor Suid-Afrika, wat 'n unieke visuele tydkapsule van die 1960's tot 1980's vorm.
Hierdie rekord van "Man with no Name" (Engels, uitgegee deur Republikeinse Publikasies) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 2 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.
Voorblaaie & Uitgawes van Man with no Name
Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.


Verwante Reekse (Aksie & Avontuur)
Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.
📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive




