Kyk
Klik vir Volskerm-aansig
Aksie & AvontuurAfrikaansRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Kyk

Beskikbare Voorblaaie5
Geregistreerde Uitgawes5

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Dit was ook een van die oudste fotoverhale wat verskyn het. Dit het verhale oor die alledaagse lewe uitgebeeld. Daar was nie ’n spesifieke hoofkarakter nie. Daar is grootliks van akteurs met Italiaanse name gebruik gemaak. Foto’s van die akteurs het gereeld in die binne blaaie van die boekies voorgekom. KYK was ook die eerste fotoverhaal wat in A4 grootte verskyn het. Die verhale het afgewissel tussen liefdesverhale, dramas en ook aksie belaaide verhale. Weens die groot verskeidenheid van verhale was die tydskrif baie gewild en het gou ’n groot leserstal opgebou.

Die verskeidenheid het daartoe bygedra dat dit byval gevind het by beide mans en vroue. In my dae was dit meer bekend as “grootmens” leesstof en was die verhale hoofsaaklik op die volwasse mark gerig. Weens die uiteenlopendheid van die verhale kan ’n mens aanneem dat ’n wye verskeidenheid skrywers waarskynlik meegedoen het aan die skrywe van die verhale. Geen skrywers erkenning word in die boekies aangedui nie, (deur Koos Papenfus).

Voorblaaie & Uitgawes van Kyk

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

5 Uitgawes
Kyk, dis nuwe maan en Man uit die tronk
#19
Kyk, dis nuwe maan en Man uit die tronk
Die bande wat ons bind en Tot elke duit
#21
Die bande wat ons bind en Tot elke duit
Soos die geur van jasmyn en Moord op die spyskaart
#28
Soos die geur van jasmyn en Moord op die spyskaart
Seun van die weldoener en Jossie se terugkoms
#33
Seun van die weldoener en Jossie se terugkoms
Vasgevang in die skadu en Die waarheid maak seer
#95
Vasgevang in die skadu en Die waarheid maak seer