Oorspronklike voorblad van die Suid-Afrikaanse fotoverhaal-reeks Kyk (Aksie & Avontuur, Afrikaans fotoverhaal) - Uitgegee deur Republikeinse Publikasies
Klik vir Volskerm-aansig
Aksie & AvontuurAfrikaansRepublikeinse PublikasiesFormaat: A5

Kyk

Beskikbare Voorblaaie5
Geregistreerde Uitgawes5

Reeks-Agtergrond & Historiese Aantekeninge

Dit was ook een van die oudste fotoverhale wat verskyn het. Dit het verhale oor die alledaagse lewe uitgebeeld. Daar was nie ’n spesifieke hoofkarakter nie. Daar is grootliks van akteurs met Italiaanse name gebruik gemaak. Foto’s van die akteurs het gereeld in die binne blaaie van die boekies voorgekom. KYK was ook die eerste fotoverhaal wat in A4 grootte verskyn het. Die verhale het afgewissel tussen liefdesverhale, dramas en ook aksie belaaide verhale. Weens die groot verskeidenheid van verhale was die tydskrif baie gewild en het gou ’n groot leserstal opgebou.

Die verskeidenheid het daartoe bygedra dat dit byval gevind het by beide mans en vroue. In my dae was dit meer bekend as “grootmens” leesstof en was die verhale hoofsaaklik op die volwasse mark gerig. Weens die uiteenlopendheid van die verhale kan ’n mens aanneem dat ’n wye verskeidenheid skrywers waarskynlik meegedoen het aan die skrywe van die verhale. Geen skrywers erkenning word in die boekies aangedui nie, (deur Koos Papenfus).

Aksie- en avontuurverhale het die goue era van plaaslike kyk-en-lees boekies gedefinieer. Elke episode is sorgvuldig beplan met regte akteurs, fotograwe, grimering en werklike liggings regoor Suid-Afrika, wat 'n unieke visuele tydkapsule van die 1960's tot 1980's vorm.

Hierdie rekord van "Kyk" (Afrikaans, uitgegee deur Republikeinse Publikasies) is saamgestel as deel van die nasionale fotoverhaal-bewaringsprojek deur Pieter Haasbroek en Koos Papenfus. Die argief bevat tans 5 gekatalogiseerde voorblaaie vir hierdie reeks. Indien u oor addisionele uitgawes of seldsame voorblaaie van hierdie reeks beskik, nooi ons u uit om met die argief in verbinding te tree om die historiese rekord te help voltooi.

Voorblaaie & Uitgawes van Kyk

Klik op enige voorblad om dit in volle resolusie in die ligkas te besigtig.

5 Uitgawes
Vintage voorblad van Kyk Uitgawe #19: "Kyk, dis nuwe maan en Man uit die tronk" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#19
Kyk, dis nuwe maan en Man uit die tronk
Vintage voorblad van Kyk Uitgawe #21: "Die bande wat ons bind en Tot elke duit" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#21
Die bande wat ons bind en Tot elke duit
Vintage voorblad van Kyk Uitgawe #28: "Soos die geur van jasmyn en Moord op die spyskaart" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#28
Soos die geur van jasmyn en Moord op die spyskaart
Vintage voorblad van Kyk Uitgawe #33: "Seun van die weldoener en Jossie se terugkoms" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#33
Seun van die weldoener en Jossie se terugkoms
Vintage voorblad van Kyk Uitgawe #95: "Vasgevang in die skadu en Die waarheid maak seer" (Afrikaans fotoverhaal, Aksie & Avontuur) - Republikeinse Publikasies
#95
Vasgevang in die skadu en Die waarheid maak seer

Verwante Reekse (Aksie & Avontuur)

Ander Suid-Afrikaanse fotoverhale in dieselfde genre uit die era 1960–1985.

Bekyk al 111 reekse →
ONTDEK MEER

📖 Lief vir ou fotoverhale én pulp-fiksie? Verken die amptelike South African Pulp Books Archive

Besoek Argief➔